Local newsNews

Ondersteun kinderkankerlyers

Jy kan ook kinders met kanker ondersteun.

TRICHARDT – Me. Charné Olivier van Scissor-hands haarsalon pak jaarliks ’n projek aan om kankerlyers en diegene wat kanker oorleef het, te ondersteun.

Sy en haar span samel ook geld vir Kansa in deur by verskeie geleenthede hare met spuitverf te spuit.

Dié salon was en stileer kankerlyers se pruike gratis.

Me. Olivier en haar span gaan vanjaar die Nicus Lodge by Steve Biko Hospitaal besoek om ouers te ondersteun wie se kinders kanker het.

As dit moontlik is, gaan hulle ook van die kinderkankerlyers vermaak en moed inpraat.

Kersfees is om die draai en me. Olivier wil van Scissor-hands Haarsalon se kant af uitvind wat hulle kan doen om spesifiek kinders met kanker se Kerfeeswense waar te maak.

Hulle beplan om speelgoed en ander bykomstighede bymekaar te maak om nie net die ouers te help nie, maar ook om aan die kinders se wenslys te voldoen.

Indien enigiemand wil betrokke raak of ’n bydrae wil maak, kan hulle me. Olivier skakel by 082 450 9318.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button