’n Mangat wat oorstroom, is op 16 November in Frederickstraat in Meyerville opgemerk.
Die mangat is op die grasperk voor ’n huis.
Die riool het die grasperk volgelê en die oprit oorstroom.
Die Standerton Advertiser het op 17 November ondersoek ingestel.
As ’n mangat oorstroom buite die erf, is dit die munisipaliteit se verantwoordelikheid om dit te herstel.
Die Lekwa Munisipaliteit is egter daarvan in kennis gestel en op 17 November is die mangat reeds herstel gewees.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



