Monument-sentrum gereed vir feesseisoen
Die doel was om ’n misdaadvrye feesseisoen te hê.
Kasselman Veiligheidsdienste en die Standerton Polisie het op 27 November die personeel van die afdelingswinkels by die Monument-sentrum tydens ’n misdaadvoorkomings- en bewusmakingsveldtog toegespreek.
Die doel was om ’n misdaadvrye feesseisoen te hê.
Kol. Fanie Mtubane van die polisie het gesê as iemand verdag lyk, hul dadelik die polisie moet skakel.
Dit mag dalk net ’n klant wees, maar dit kan ook ’n misdadiger wees.
Hy het ook genoem dat die gemeenskap die polisie se oë en ore is.
Die belangrikste tye om na misdadigers op te let, is wanneer die winkel oop- en toemaak.

Gewoonlik met ’n roof in ’n sentrum, word daar vir ander winkels gesê dat die teiken voorraad tel en niemand vermoed onraad nie.
Hy het gesê dat hulle ten alle tye mekaar moet inlig oor wat aangaan.
Kapt. Masotsha Hlatshwayo van die polisie het gesê dat kinders in die sentrum sekuriteit kan help om na verdagte persone op te let.
Mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste het ’n paar wenke gegee wat insluit om foto’s van verdagte voertuie te neem en te stuur aan me. Riana Labuschagne, Monument-sentrum bestuur, wat dit aan Kasselman kan stuur.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.



