SECUNDA – Leerlinge van Hoërskool Oosterland het op Woensdag, 18 November Kinross Industrial Supplies Manufacturing Engineering (KISME) besoek.
KISME se doel is om leerlinge wat nie geld het om te studeer nie of nie universiteit toe wíl gaan nie, hoop te gee.
Hul doel is om vir matrikulante te wys dat daar ’n lewe buite universiteit is.
Leerlinge hoef nie moed te verloor en te dink dat daar nie ’n toekoms vir hulle is nie.
KISME bied ’n ambag aan vir belangstellendes wat dan verder deur en by KISME kan leer in die rigting waarin hul graag bevorder wil word.
Oosterland se leerlinge is met hul besoek aan KISME deur die werkswinkel geneem.
Dié besoekers moes eerste van veiligheid leer en hoe belangrik dit is.
Elkeen het ’n inligtingspakkie ontvang met ’n veiligheidsbril en oorpluisies in.
Daar is vir hul meer vertel hoe om ’n sweiser te word, wat dit behels en wat ’n sweiser alles kan doen.
Van ketelmaker, verfinspekteur, gehaltekontroleerder, passer en draaier en vele mee kon dié leerlinge eerstehands ervaar hoe die werksomstandighede is.
KISME wil ook hê dat leerlinge in hulself moet glo en weet dat wanneer jy glo, jy iets kan bereik.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 590c76a8
WhatsApp – 0793644185




