CrimeEditor's choiceNews

Handsakveiligheid – Wat elke vrou moet weet

Wees bewus van wat om jou aangaan.

Die feesseisoen is op hande en grypdiewe het ook opgedaag.

Dis nie meer veilig om net gou dorp toe te gaan nie want jy weet nie wat gaan gebeur nie.

’n Fout wat vroue nog maak is om ’n handsak saam te karring dorp toe.

  • Wees bewus van wat om jou aangaan.
  • As jy by ’n winkel parkeer en jy sien iemand wat soos ’n kwaaddoener lyk, moet liewers nie jou handsak uithaal nie.
  • Bêre dit onder jou sitplek waar niemand dit kan sien deur jou motorvenster nie.
  • As jy dalk ’n botteltjie pepersproei of ’n klein skokstok saamdra, kan jy vinnig die booswig laat les opsê as hy jou handsak gryp.
  • Moenie jou handsak in ’n restaurant op die vloer langs jou neersit of oor die stoel hang nie.
  • Hou dit eerder op jou skoot of op die stoel langs jou.
  • Die beste manier om veiligheid te verseker is om glad nie ’n handsak of beursie dorp toe te neem nie.
  • Sit jou kaart in jou broeksak en maak seker jy verloor dit nie.

Dit is moeiliker om ’n bankkaart in ’n broeksak te sien as om ’n handsak te gryp.

Lees in vandeesweek se Standerton Advertiser om te sien wat ander vroue doen om hulself te beveilig.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button