Vragmotor saai verwoesting by vulstasie
Die aantal mense wat in die voorval dood is kan nog nie bevestig word nie.
’n Vragmotor het vroeër vanaand verwoesting by die Total Allegro-vulstasie in Walter Sisulurylaan gesaai.
Na wat verneem word, het die bestuurder oorslaapplek gesoek en het die vragmotor in die parkeergebied gestop.
Volgens inligting van die mense op die toneel het die vragmotor vorentoe begin rol en glo bo-oor van die mense gery.
Volgens inligting van mnr. Pieter van der Westhuizen van Jeria Ambulansdienste, is daar sterftes en sommige mense beseer.
Die aantal mense wat in die voorval dood is, kan nog nie bevestig word nie.
Die vragmotor het teen twee bakkies vasgery en eindelik voor ’n petrolpomp tot stilstand gekom.
Die polisie, brandweer, Kasselman Veiligheidsdienste en ambulanspersoneel was op die toneel.
Hulle ontruim tans die gebied.



