CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Noodnommers vir die feesseisoen

Wat word nou in en om Secunda geteiken?

SECUNDA – Almal wil verseker dat nie net jou familie hierdie feesseisoen veilig is nie, maar roof en aanvalle moet ook beperk word.

Volgens mnr. Roelof Gouws van Secunda 911 en die Secunda Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), word die volgende geteiken:

* Bergfietse.

* Kinders wat in die veld loop of ry word veral geteiken, aangeval en beroof van waardevolle items.

* Daar word by motors ingebreek en radios, CD’s en enige ander waardevolle items word gesteel.

* Kamptoerusting soos kampstoele, tente, seile, herlaaibare ligte en ander kamptoebehore.

* Tuingereedskap.

* “Smash and grab” is ook nou aan die orde van die dag en handsakke, beursies en skootrekenaars word in die dorp gesteel.

* Enige elektroniese item wat van waarde is, word ook geteiken.

Kyk gerus op Secunda 911 se Facebook-bladsy vir meer inligting of kontak Roelof by info@secunda911.co.za

Noodnommers wat geskakel kan word, is soos volg;

Polisie: 017 624 2241, 017 624 2242, 017 624 2243 of 017 624 2244

Ambulansdienste: Langamed 073 099 9929 of ER24 084 124

Brandweer: 017 631 0155

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM –  590c76a8

WhatsApp – 0793644185

Related Articles

Back to top button