Wenke om huisinbrake te voorkom
Om huisinbrake te voorkom, kan die volgende wenke van ’n nasionale veiligheidsmaatskappy in gedagte gehou word:
• Leer jou bure ken want as daar wedersydse vertroue is, sal dit nuttig te pas kom met verdagte omstandighede by jou huis.
• Plant blomme buite om die aansig van jou huis te verfraai. ’n Straat wat netjies en mooi lyk kan ’n minder aantreklike teiken wees as ’n ooglopend vervalle een.
• Leer jou bure se daaglikse gewoontes en skedules om so bedag te wees op afwykings van die norm.
• Kry ’n kaart van die blok waarin jy bly om die regte adresinligting deur te gee sou iets skeef loop.
• Maak seker jy en jou bure skakel die polisie dadelik met enige verdagte aktiwiteite. Julle is die polisie se oë en ore. Vertrou jou instink.
• Leer die gewoonte aan om deure te sluit selfs as jy buite is omdat ’n inbraak in ’n baie kort tydjie kan gebeur.
• Gaan die deurslotte na om toegang te bemoeilik.
• Bêre beursies bo in ’n kas. Deur die item weg van die hoofingang en vensters te hou, word die kanse op diefstal verminder.
• Hou die motorhuisdeur gesluit te alle tye om te verhinder dat diewe die inhoud nagaan.
• Maak seker motorhuisdeure is in werkende toestand.
• Hou jou motorhuisdeur se alarm buite sig in jou voertuig.
• Gaan jou lugverkoelingstelsel na en verseker dat dit stewig vasgemaak is.
• Maak die vensters in die aand toe. Indringers het so min as 8” nodig om in te kom.
• Maak die blinders toe om te verhoed dat diewe kan inkyk en jou elektroniese toestelle sien.
• Hou buiteligte gedurende die nag aan.
• Oorweeg om ’n lig binne gedurende die nag te laat brand.
• Skep die illusie dat iemand tuis is deur moontlik ’n radio te laat speel.
• Honde is bewese afskrikmiddels.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



