EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Amanda se hande staan vir niks verkeerd nie

Sy is op Bethal gebore en het op Trichardt grootgeword.

Me. Amanda Muller, ’n entrepreneur en boonop kunssinnig, woon al vir 26 jaar op Morgenzon.

Dié ma van twee seuns is op Bethal gebore en het op Trichardt grootgeword.

Sy was in Laerskool Trichardt en het haar hoërskoolloopbaan by Höerskool Hoogenhout begin.

In gr. 11, die ou standerd nege, is sy na Höerskool Secunda en was ook een van die eerste matrikulante.

Op 13-jarige ouderdom is haar ma oorlede en sy en haar vier susters moes die huishouding oorneem.

Sy is ’n voorslag in die kombuis waar haar ondervinding na haar ma se dood goed te pas gekom het.

Sy het van kleintyd af geleer om hard te werk en het besef sy kan nie stil sit nie.

Sy soek altyd iets om haar hande besig te hou.

Me. Muller woon op ’n plaas en met dié droogte waar alle boere swaarkry, het sy ’n plan gemaak om ’n inkomste te verdien.

Sy het begin skilder en dit was vir haar ’n stokperdjie wat later verander het.

“Dit is sielskos vir my,” het sy gesê.

Skilder is nie al wat sy doen nie.

Sy is lief daarvoor om kos te maak en koekies te bak en het al die vrugtekoeke en klein koekies by vanjaar se Pastoriemark op Bethal gebak.

Haar verkope was die beste in drie jaar nadat sy al die gebakte goedere verkoop het.

Sy is ook betrokke by haar kerk en het ’n sterk ontwikkelde sosiale bewussyn.

Sy is is die uittredende voorsitter van Hadassa, ’n groep op Morgenzon, wat deur die N.G. Kerk bestuur word.

Dié groep gee vir minderbevoorregte mense kos en al die benodighede wat hul kan gee.

Me. Muller is ’n bedrywige, handige vrou met hande wat vir niks verkeerd staan nie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button