CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Bingo is veilig na Secunda-gesinstragedie

Worshond het agter 'n boom weggekruip en niemand is seker hoe lank hy daar was nie.

SECUNDA – Die gesin wat Maandag, 21 Desember in ontploffings in hul huis in Lehmanstraat uitgewis is, se een hond, Bingo (‘n worshond), is ongedeerd gevind.

Bingo is deur die nie winsgewende maatskappy Little Paws Big Hearts (LPBH) gered.

Hulle het gehoor dat daar ‘n hond by die gebrande huis gesien is.

Me. Nadine Venter, een van die lede van LPBH, het dadelik ondersoek gaan instel.

Sy is deur die polisie ingelig dat daar wel ‘n worshond agter in die erf wegkruip.

Omdat die polisie steeds besig was om die gebied te ondersoek, kon me. Venter nie dadelik by Bingo uitkom nie.

Me. Inge Hall, nog ‘n lid van LPBH, het haar nommer vir een van die lede van die polisie gegee.

Nadat die gebied veilig verklaar is, het lede van LPBH vir Bingo  gaan haal.

“Hy het agter ‘n boom weggekruip en niemand is seker hoe lank hy daar was nie.

“Hy was vol stof en roet en na ‘n bad, baie liefde en drukkies het hy ten gunste van mense gereageer,”het me. Hall gesê.

Bingo is steeds steeds veilig by ‘n liefdevolle huis.

Bingo is nog baie getraumatiseerd, maar met baie liefde en omgee was vinnig rustiger.
Bingo is nog baie getraumatiseerd, maar met baie liefde en omgee was vinnig rustiger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button