Nog rommel in Meyerville
Hulle het ’n man gekry wat tuinvullis gaan stort het.
Die nuutste gier in Meyerville is om tuinrommel naby die treinspoor te stort.
Kasselman Veiligheidsdienste het al ’n paar mense vasgetrek wat daar wil stort.
Op Vrydag 8 Januarie het Kasselman se reaksiespan gepatrolleer en ’n man gekry wat tuinvullis gaan stort het.
Volgens die man het sy werkgewer vir hom gesê om dit daar te gooi.
Op Saterdag 9 Januarie het die span nog ’n man gekry wat op pad was om sy gemors by die treinspoor te stort.
Dit raak ’n probleem en maak die omgewing ’n seer oog vir mense wat verbyry.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



