Local newsLocal sportNewsSport

Broncos verloor harde stryd

Spelers oefen elke Dinsdag en Donderdag.

BETHAL – Die Bethal Broncos het na ’n harde wedstryd met agt punte teen die Tomahawks-rugbyspan verloor.

Die eindtelling was 48-40 en die Tomahawks is die wenners van die Rugbyliga.

Albei spanne is ook deur na die eindronde van die Proteabeker.

Die beste voorspelers van die wedstryd was Quinten du Plessis en die beste agterspeler was Tommie Niemand.

Dawie Viljoen, Gerry Gendall, JZ de Jager en Shane Reinke het drieë gedruk.

Waldo Bothma het vir vier doelskoppe gesorg.

Spelers oefen elke Dinsdag en Donderdag.

Die Broncos speel weer op 30 Januarie om 4nm teen Barberton.

Vir meer inligting, skakel Jannie Burger by 072 547 2342.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button