CrimeEditor's choiceNews

Diewe is weer besig

Meld enige vorm van misdaad by die polisie aan.

‘n Klere-onderneming in Bethal het onlangs onder diewe deurgeloop nadat die skelms deur die dak geklim het.

‘n Groot aantal selfone is gesteel.

Volgens adj.-off. Riaan Smit het die alarlm van die onderneming afgegaan nadat die krag op die dorp ook afgegaan het.

Die bestuurder het gedink dat dit die krag is en nie uitgegaan nie.

“Dit is belangrik dat bestuurders ten alle tye wanneer hulle alarms afgaan, self ook uitgaan.

Diewe peuter met die alarm se drade en as hulle in die dak is, gaan niemand hulle sommer opmerk nie, ” het hy gesê.

Hy het ook bestuurders gemaan om die onderneming oop te sluit sodat die polisie saam met die sekuriteitsmaatskappy kan ingaan.

Verder het hy ook gesê dat inwoners van Anderson- tot by Joubertstraat (die ou deel van Bethal) bedag moet wees.

“Ons sukkel baie met huisinbrake in daardie gebied.”

Meld enige vorm van misdaad aan by Bethal Polisie deur 017 647 9900 te skakel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

WhatsApp – 0793644185

Related Articles

Back to top button