Man beland in ongemaklike situasie
Hy het deur die venster geklim en vasgesit.

’n Man het in ’n ongemaklike situasie beland toe hy by sy huis wou inkom deur die venster en daarin vasgesit het.
Mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste het ’n reaksieoffisier uitgestuur om die man te help.
Kasselman het uitgegaan en op ’n man afgekom wat bloeiend in sy venster vassit.
Die reaksieoffisier het dadelik die ambulans en AfriForum Buurtwag ontbied.
Volgens die man het sy broer sy huissleutels geneem en hy moes plan maak om in die huis te kom.
Hy het die venster gebreek om toegang te verkry.
Die diefwering het tussen sy ribbes en sy heupbeen vasgesit en die glas het ’n diep sny in sy arm gelos.
Volgens die man het hy sowat twee ure daar vasgesit voor die ambulans opgedaag het.
Hy het baie bloed verloor en het duiselig geraak.
Die brandweer en die Standerton Ambulansdienste was ook op die toneel.
Lees die Standerton Advertiser vir die volledige berig.








