
’n Inwoner van uitbreiding 5 in Bethal, mnr. Riaan Joubert, is ongelukkig oor hommeltuie wat die laaste ruk in die woongebied gebruik word.
“Dit is ’n absolute skending van ons privaatheid,” het hy gesê.
’n Hommeltuig wat moontlik kommersieel van aard is, het bykans drie naweke gelede oor huise in die woongebied gevlieg.
Dit het volgens mnr. Joubert heen en weer gevlieg en bo huise gehang.
“Later die middag en ook vroeg aand het dit weet oor die huise beweeg.
“Ek vermoed dit het in die omgewing van die gholfbaan geland.”
Die naweek daarna is ’n kleiner hommeltuig gebruik, asook ’n week gelede.
Die hommeltuie hang nie oor ’n spesifieke huis nie, maar beweeg rond, hang bo huise en vlieg tot by die dam..
Volgens mnr. Joubert bou inwoners hoë mure om hul huise vir privaatheid, maar met dié hommeltuie word hul privaatheid geskend.
“Ek weet nie wat hy afneem nie, zoom hy in of nie.
“Dit is duidelik dat die persoon wat dit gebruik, ’n kenner is.”
Volgens die nuutste wetgewing, mag hommeltuie wat nie vir kommersiële doeleindes gebruik word nie, slegs op die eienaar se eiendom gebruik word of op eiendom waarvoor hy toestemming het.
Die afstand mag nie meer as 500m van die loods wees nie, en nooit hoër as enige hindernis binne 300m van die loods nie.
Indien mense die hommeltuie vir kommersiële doeleindes wil gebruik, moet dit goedgekeur en geregistreer word by die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaart.
Die loods moet ook ’n lisensie hê om dit te beheer.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
WhatsApp – 0793644185



