NewsSchools

Oud-Bokkaptein besoek Ligbron

"Nie almal kan eerste kom nie, maar as jy jou beste gegee het, ongeag waarin jy deelneem of wat jy doen, is jy 'n wenner."

Corné Krige, voormalige Springbok-kaptein, Stormers- en Westelike Provinsie-rugbyspeler, het verlede Vrydag ‘n welwillendheidsbesoek aan Ligbron Akademie vir Tegnologie gebring waartydens hy die leerders in ‘n motiveringspraatjie toegespreek het.

Die geleentheid was op die vooraand van die interhoër-atletiekbyeenkoms wat deur die skool aangebied is en in sy boodskap het hy die leerders aangespoor om ten alle tye hul beste te lewer.

“Nie almal kan eerste kom nie, maar as jy jou beste gegee het, ongeag waarin jy deelneem of wat jy doen, is jy ‘n wenner,” het hy gesê.

Corné Krige het sy toetsdebuut as kaptein van die SA span in 1999 gemaak en die span aangevoer tot ‘n oorwinning van 101 – 0 teen Italië.

Voor sy aftrede in 2004 het hy het altesaam 39 toetse vir SA gespeel waarvan hy 18 keer die kaptein was.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button