NewsSchools

Chutney voer verbete stryd

“God gives the hardest battles to His strongest soldiers.”

Ruan Vunderink het in 2013 as ’n gr. 8 (Pit) by Morgenzon Landbou Akademie se hekke ingestap, gereed om ’n ware Landtie te word en skaars twee jaar later sou sy lewe onherroeplik verander.

Met groot hartseer is die skokkende nuus op 9 November verlede jaar ontvang dat Ruan op die jong ouderdom van 16 met akute bloed- en beenmurgkanker gediagnoseer is.

Ruan het die skool se naam uitgebou en is ’n positiewe, sprankelende seun met ’n lus vir die lewe en beslis geliefd onder die Landties en sy koshuisvriende.

Hy is vanjaar deel van die Duiker-koshuis.

Hy het onder andere presteer in perdesport waar hy gespring het met sy perd, Good Golly Miss Molly en was deel van die Mpumalanga A-span en is toe deur na die nasionale kampioenskap waar hy ’n plek gekry het.

Dié kranige rugbyspeler het ook met trots as haker vir MLA se Mustangs (tweede) rugbyspan uitgedraf.

Hy voer nou ’n daaglikse stryd en het al baie terugslae beleef.

MLA het op Woensdag, 17 Februarie ’n “Chutney-dag” ten bate van Ruan, beter bekend as Chutney, gehou.

Die laerskool se verteenwoordigende leerlingraad, asook die onderwysers, het die projek geloods.

Die dag is geopen deur lidmate van die AGS-kerk wat ’n gebed vir Chutney gedoen het.

Kinders kon op “Chutney-dag” hul hare spuitverf en die seuns hul hare kort skeer.

Party meisies het selfs besluit om hul hare te sny om so ook vir Chutney te ondersteun.

Armbandjies en ook oranje strikkies is verkoop.

Meer as 100 hemde is bestel met ‘n oranje strik en die leuse “Chutney jou yster” daarop gedruk.

Drie groot oranje borde, in die vorm van kankerstrikke, is gemaak waarop die hele skool se leerlinge hulle name kon skryf.

MLA beskou Chutney as voorwaar ’n yster en vegter teen die erge kanker en hy is ’n voorbeeld vir almal.

Die skool se boodskap aan hom is:

“God gives the hardest battles to His strongest soldiers.

“Chutney, ons bid vir jou en jou gesin dat God jou ten volle sal genees.

“Laat ons vashou aan Ps. 23:4: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my.

“In U hande is ek veilig.”

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button