Editor's choiceMunicipalNews

Eiendomsbelasting gaan styg

Huiseienaars paniekerig oor belasting

SECUNDA – Inwoners van die Govan Mbeki Munisipaliteit word aangeraai om voor Donderdag, 31 Maart beswaar teen die verhoging van eiendomswaardasies by die munisipaliteit aan te teken.

Die verhoging van eiendomswaardasies sal beteken dat eiendomsbelasting drasties kan verhoog.

’n Kennisgewing van ’n openbare deelnamevergadering wat op 22 Februarie by die Lillian Ngoyi Sentrum gehou is, is in die Ridge Times van 19 Februarie gepubliseer.

Geen inwoners het egter dié vergadering bygewoon nie.

Me. Ena van Rooyen, DA-raadslid, moedig die publiek aan om beswaar aan te teken teen die voorgenome verhogings voor 31 Maart.

Die proses om beswaar aan te teken, is beskryf in ’n vander advertensie wat ook op 19 Februarie in die Ridge Times verskyn het.

Dit behels onder andere die volgende:

* Inwoners moet na die Govan Mbeki Munisipaliteit se kantore in Horwoodstraat gaan en in kamers 307 of 309 die eiendomswaardasierol bestudeer.

* Dié rol is beskikbaar by www.govanmbeki.gov.za onder die opskrif Valuation Roll News as ’n belangrike kennisgewing beskikbaar.

* Indien jy ontevrede is met die waardasie van jou eiendom, teken beswaar aan deur die regte vorm in te vul. Die vorms is by die munisipale kantore beskikbaar. Dit is ook aanlyn by www.govanmbkei.gov.za beskikbaar.

* Die volledig ingevulde vorm moet dan in ’n koevert gemerk met die woorde Notice 13/2016 – Valuation Roll 2016/2020 Objections gesit word.

* Die koevert moet geadresseer word aan: The Municipal Manager, Planning and Development (Property Section), Private Bag X1017, Secunda 2302.

* Dit kan gepos word óf in die tenderboks by die voorste ingang van die noordelike deel van die munisipale kantore in Horwoodstraat geplaas word.

* Alle besware moet die munisipaliteit teen 31 Maart bereik.

Die munisipale woordvoerder, mnr. Bheki Khubeka, het die beswaarmakingsproses bevestig, asook die publiek verwys na die kennisgewings wat in die Ridge Times gepubliseer is.

Die raad sal nie op enige telefoniese, faks- of e-posnavrae reageer nie.

’n Munisipale waardasie vir doeleindes van eiendomsbelasting verskil van ’n markverwante waardasie wat gebruik word om koop- en verkooppryse vas te stel.

Vir meer inligting, besoek gerus ons webtuiste by www.ridgetimes.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button