NewsSchools

Dryf met ’n doel vir Laerskool Secunda

Laerskool Secunda se beheerliggaam help hul behoeftige leerlinge.

SECUNDA – Laerskool Secunda se beheerliggaam bied ’n gholfdag aan om geld vir hul behoeftige leerlinge in te samel.

Dit vind op 14 Mei by Graceland Buiteklub plaas.

Volgens die beheerliggaan neem die aantal behoeftige leerlinge jaarliks toe.

“Dit is belangrik om dié leerlinge te ondersteun.

“Die doel van die projek is gerig op goeie gehalte onderrig, gebalanseerde maaltye, asook sielkundige ondersteuning deur middel van sessies met terapeute.

“Borge kan help om een van 16 leerlinge per jaar te voed, een van 60 leerlinge vir ’n jaar te onderrig en om een van 43 leerlinge te help met sessies by terapeute.”

Afslaan begin om 9vm en die formaat is “better ball”, “scramble drive”, “shotgun start” en “two scores to count”.

Registrasie is vanaf 7.30vm.

Vir besprekings of navrae, skakel me. Lizelle van Zuydam by 017 634 7612 of e-pos skakel@secundalaer.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button