
Die ErrrieUnie het verlede Donderdagaand ’n Bok-en-Biltongaand in die ABK van Zijl-ouditorium aangebied.
Oud-Errie, Dawie Spies, broer van oud-Springbok Pierre Spies, was die aanbieder en het die Bokke; ds. Darius Botha, Jannie de Beer en Carel du Plessis aan die gaste voorgestel.
Tydens die veiling, ten bate van die ErrieUnie en die Bok-en Biltongmanne, is daar baie pryse gewen en rugbytruie,stewels en balle is verkoop.
Die oud-Bokke het hul ervarings op en van die veld, met die Ermelo-gemeenskap gedeel.
Daar was skreeusnaakse oomblikke en die gehoor het ’n blik gekry in die lewe van die Bokke met staaljies uit hul toer-dae.
Die ouditorium-program is afgesluit met Jannie, Carel en Darius wat hul getuienisse met die gehoor gedeel het.
Hul boodskap was die van bemoediging, hoop, geloof, omgee en te besef dat ons vir mekaar moet bid, veral vir ons kinders.
Na afloop van die ouditorium-program het die 500 gaste temidde van die koue na die sprokie versierde markiestent beweeg waar hulle aangesit het vir ’n warm ete en nagereg.
Die EHS bedank die ErrieUnie-komitee en al die dameslede wat die aand moontlik gemaak het en bedank ook al die gaste wat saam gekuier het.
“Die gaste, Dawie en die Bokke, sê dat in al die jare wat hul dit regoor Suid-Afrika aangebied het, hul nog nooit so ’n aand beleef het met soveel styl en gasvryheid nie. Dawie sê:”Ek is so trots om met Hoërskool Ermelo geassosieerte word!”-EHS



