
Oud-Errie, John-Laffnie de Jager, het verlede week sy alma mater toegespreek en gemotiveer vir die wintersportliga wat voorlê.
Tydens sy week lang kuier het hy van sy eie lewenservaringe en waarhede met die Erries gedeel en hul geinspireer vir die seisoen wat voorlê.
Na 25 jaar uit die skoolbanke, bly John-Laffnie passievol oor en vir die EHS!
John-Laffnie is ’n tennisafrigter van formaat en het bekende spelers soos Roger Federer, Novak Djokovic en Serena Williams in spanverband afgerig.
Tans rig hy ’n jong opkomende tennisspeler uit Rusland af.
John-Laffnie het baie tennisysters in die vuur en sy tennisakademie in Gauteng is ’n stigting wat hulp verleen aan jong spelers en bied ook oorsese afrigting.
“Baie dankie aan John-Laffnie wat sy tyd opgeoffer het om by die Erries te kom kuier! Dit was vir ons ’n voorreg om jou by ons te kon ontvang.” -EHS



