NewsSchools

SHS kroon wenners

Tydens dié afdeling het onder andere onderwysers, ’n danser, ’n rugbyspeler en selfs ’n vlieënier op die verhoog te voorskyn gekom.

Tommy Gleeson en Michaela Henri is op 17 Mei as Hoërskool Standerton se Mnr.- en Mej. SHS gekroon.

Die tema van die aand was “A Night at the Oscars” en die deelnemers het beslis hul deel bygedra om te verseker dat dit soos Hollywood op Standerton voel.

Die eerste afdeling was “In dit sal jy my nooit weer sien nie” – die finaliste moes aantrek soos iets of iemand wat hulle nooit sal wil wees nie.

Die gehoor was omtrent vermaak met sommige eerstespan-rugbyspelers wat hulle tokse en truie vir hoë-hakke en somerrokkies verruil het.

In afdeling 2 kon die finaliste aantrek volgens die beroep wat hulle wil volg.

Tydens dié afdeling het onder andere onderwysers, ’n danser, ’n rugbyspeler en selfs ’n vlieënier op die verhoog te voorskyn gekom.

Brendan Peyper was die gaskunstenaar en die gehoor het aan sy lippe gehang.

Die wenners op die aand was:

Mnr. SHS: Tommy Gleeson

Mej. SHS: Michaela Henri

1ste prins: Jacques Rossouw

1ste prinses: Oratile Mothlabane

2de prins: Johan Strydom

2de prinses: Carlie Stroebel

Mnr. & Mej. Fotogenies: Jacques Rossouw en Oratile Mothlabane

Mnr. Persoonlikheid: Zirk Buys

Facebook Viewers Choice: Sunique Pretorius.

Verslag: Hoërskool Standerton Facebookblad met aanpassings vir publikasiedoeleindes.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button