NewsSchools

Erries onstuitbaar in die Puma-kwarteind

Die Erries se eerste span het oortuigend teen Hoërskool Lydenburg gewen en kom die naweek in die half einstryd teen Ligbron te staan.

Hoërskool Ermelo se rugbyspanne het Saterdag aan die kwarteindronde van die Puma-liga vir groot skole in Standerton deelgeneem.

Die Erries se eerste span het oortuigend teen Hoërskool Lydenburg gewen met 42-20 op die telbord.

In die eerste helfte het die spanne mekaar goed laat les opsê, maar ná rustyd het die Erries na ‘n hoër rat oorgeskakel en die voor- en agterspelers het baie goed kombineer.

Die puntemakers was Vusi Mkhonza, Ruan Smit, Stefan van der Merwe en Arno Oosthuizen wat elk ‘n drie gedruk het.

Ruan Grobler het benewens ‘n drie ook vier doelskoppe en drie strafdoele deur die pale gejaag.

Die 0/14A-span het HTS Witbank 24-12 geklop, terwyl die 0/14B-span 17-12 met Hoërskool Rob Ferreira afgereken het.

Die 0/15A’s het in hul wedstryd teen Lydenburg met 39-7 as wenners uit die stryd getree.

In die halfeindstryd van dié liga kom die Erries se eerstes eerskomende naweek teen Ligbron, die 0/14A’s teen Rob Ferreira en die 0/15A’s teen Gen. Hertzog in Secunda teen mekaar te staan. .

Die 0/14B’s het deurgedring na die Mpumalanga-eindstryd en meet Saterdag kragte met HTS Witbank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button