Local newsNews

Skokkende ontdekking in Bethal Begraafplaas

Die granietblokke is uitgebreek en die as (nis) sowel as sentimentele items is weg.

BETHAL – Dit is reeds hartseer om ’n geliefde te verloor en deesdae is dit geen plesier om Bethal Begraafplaas te besoek nie.

AfriForum se Bethaltak het ondersoek ingestel en gevind dat die gedenkmuur waarin die as van geliefdes gebêre word, gevandaliseer is.

Die granietblokke is uitgebreek en die as (nis), sowel as sentimentele items is weg.

“Dit is skokkend om te sien dat mense geen respek het nie.

“Ons voel reeds nie veilig om die begraafplaas te besoek nie en dit lyk asof niemand omgee om na die begraafplaas om te sien nie.

“Waarom is die familielede nooit daarvan in kennis gestel nie?” het ’n geskokte inwoner gevra.

“Die Govan Mbeki Munisiplaliteit stel tans ondersoek in en vra die gemeenskap om enige inligting wat hulle oor dié vandalisasie het, bekend te maak,” het mnr. Bheki Kubheka, kommunikasiebeampte van munisipaliteit, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button