SECUNDA – Hoërskool Secunda het die afgelope naweek hul jaarlikse Biltong- en Braaifees aamgebied wat vir hope pret vir die hele gesin gesorg het.
Trompoppies van verskeie skole het opgetree, daar was warmlugballonritte, mallemeules, musiekvertonings en heerlike kos.
Hoërskool Secunda-leerlinge het met groot entoesiasme aan die kaskarwedren deelgeneem en elke klas moes uniek en kleurvol aantrek.
Daar was “zombies”, superhelde, tekenprentkarakters, hippies en bont uitrustings met tutu’s en ballonne.
Deel van die pret was ’n viertrekvoertuigbaan en ekspo wat gesorg het vir familiepret en die Braai Restaurant waar jy bilton, droëwors en varsgebraaide vleis en bykosse kon koop.
Daar was ook ’n familiebraaigebied en ’n waterpretpark, asook stalletjies met enige iets van klere tot opblaashondjieballonne te koop.
Later in die middag het Jay en Liané May opgetree en duette gesing.
Ander kunstenaars wat opgtree het, sluit Sonja en Tjokker, Renaldo Alberts, Willem Botha, Leah en Brendan Peyper in.







