Local newsNews

AfriForum Secunda plant meer as 400 bome

“AfriForum se departement van omgewingsake loods vanjaar ’n aantal aksies wat regdeur September deur die gemeenskap gebruik is en noem dit Boomplantmaand.”

SECUNDA – AfriForum Secunda het verlede week bome by verskeie plaaslike skole geplant.

Dié projek vorm deel van AfriForum se nasionale boomplantmaand waartydens AfriForum mik om bome landwyd te plant.

AfriForum plant vandeesmaand meer as 700 bome in Mpumalanga.

’n Totaal van 306 bome is aan die volgende skole op Secunda geskenk: Highveld Park High, Currro Secunda, Laerskool Trichardt, Laerskool Kruinpark, Laerskool Goedehoop, Laerskool Oranjegloed Primary, Laerskool Secunda, Highveldridge Primary, Hoërskool Secunda, Hoërskool Oosterland en Marietjie Skool.

Daar is ook 100 bome aan die munisipaliteit geskenk om by die plaaslike begraafplaas te plant.

“AfriForum gee vir die gemeenskap en die omgewing om.

“AfriForum se departement van omgewingsake loods vanjaar ’n aantal aksies wat regdeur September deur die gemeenskap gebruik is en noem dit Boomplantmaand.

“Dit is belangrike projekte vir die gemeenskap,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

“AfriForum Secunda moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak betrokke te raak.

SMS jou naam na 45350 of skakel 082 256 4505,” het mnr. Hennie Pretorius, AfriForum Secunda se voorsitter, gesê.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur die woord bome na 45350 te SMS.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button