Local newsNews

Emily het nie geld vir ’n prostese nie

“Ek het eers gedink dat hulle my wou doodmaak en my linkerarm is net onder my elmboog afgesit.”

TRICHARDT – Jy sal haar nie by ’n verkeerslig sien bedel nie en me. Emily Mhlanga is altyd vriendelik hoewel sy met net een arm oor die weg moet kom.

Sy is in 1961 op Driefontein gebore en woon al baie lank op eMbalenhle.

Die vingerpunte van haar linkerhand het in 2004 begin swart word.

Evander Hospitaal het nie antwoorde gehad nie en haar na Steve Biko Hospitaal verwys.

“Baie dokters het my ondersoek, maar niemand kon sê wat fout was nie.

“Een dokter het gesê dat dit gangariene was en ’n ander dokter het weer gesê dat dit nie dít kon wees nie omdat my vleis nie gevrot het nie, maar net swart geword het.

“Ek het eers gedink dat hulle my wou doodmaak en my linkerarm is net onder my elmboog afgesit.

“Dit was baie erg en ek was vir lank hartseer en in baie pyn.

“My arm pyn nou nog daagliks en ek moet die stompie toedraai om te help teen die pyn en dit te beskerm,” het me. Mlanga verduidelik.

Sy werk al vier jaar sedert die arm afgesit is.

Me. Mlanga het nie geld vir ’n prostese nie en het gesê dat sy haar daaglike take makliker kan verrig as sy een kon kry.

“Ek soek die ‘extend’ vir my arm.

“Dit sal baie help met my werk en my klere sal nie meer so lelik lyk nie,” het sy gesê terwyl sy haar linkermou heen en weer laat flap het om te verduidelik hoe lelik haar klere sonder ’n arm lyk.

Me. Mlanga het een kind en twee kleinkinders en werk as ’n skoonmaker by ’n maatskappy.

Haar vriendin, me. Chrestina Mbata, help haar by die werk en wanneer hulle in busse of taxi’s moet terug ry huis toe.

“Ek probeer altyd om vriendelik te wees en van my probleme te vergeet, maar dit word sommige dae moeilik om met net een arm sukkel,” het me. Mlanga vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button