NewsSchools

MLA kry Braford-projek van die grond af

Die meeste tradisionele landbouskole is by die projek betrek.

Morgenzon Landbou Akademie het in Julie ‘n droom verwesenlik nadat die Veeplaas Braford-projek van stapel gestuur is.

Die Brafordtelersvereniging het in samewerking met ‘n tydskrif die eerste 10 verse laat aflaai.

MLA het reeds ‘n jaarvergadering en ‘n raadsvergadering van die ras bygewoon.

Hulle het mnr. Albert Loubser van Veeplaas en me. Charlotte Schuite van die Brafordtelersvereniging bedank vir hulle insette om die projek met die landbouskole van die grond af te kry.

Die meeste tradisionele landbouskole is by die projek betrek.

Die Brafordtelersvereniging is ook betrokke in samewerking met sommige voermaatskappye met die voeding van die verse sowel as medikasie, dip en kunsmatige inseminasie.

 

Lees meer hieroor in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button