NewsSchools

Maak jou sitplekgordel vas en vlieg saam

Daar is heerlik gesing en gelag in elke land waar die vliegtuig 'n wyle vertoef het

Standerton Akademie het almal op 2 November aan boord van hul vlug rondom die wêreld tydens ‘n skoolkonsert geneem.

Die vlieënier, mnr. Gert Koch, het passasiers verwelkom en tong in die kies na sy mede-vlieënier, mnr. Jan Pretorius, se vaardigheid in die beheerkajuit verwys.

Paul de Bruyn (Ironman) en  NJ Bierman (Spiderman) van Standerton Akademie is tydens 'n konsert gereed om misdaad te bekamp.
Paul de Bruyn (Ironman) en NJ Bierman (Spiderman) van Standerton Akademie is tydens ‘n konsert gereed om misdaad te bekamp.

Die konsert het gepas met Juanita du Plessis se lied, “Ek vlieg hoog,” afgeskop wat puik deur die leerders vertolk is net nadat die vliegtuig opgestyg het en die lugwaardinne sekergemaak het almal se sitplekgordels was vas.

Daar is heerlik gesing en gelag in elke land waar die vliegtuig ‘n wyle vertoef het en nodeloos om te sê Suid-Afrika is deur rugby uitgebeeld en die skool het nie met ‘n onvergeetlike vlug teleurgestel nie.

Sien meer foto’s HIER

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button