CMR verwelkom twee nuwe personeellede
Uiteraard word kos- en klereskenkings verwelkom
Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) van Standerton het twee nuwe personeellede verwelkom.
Me. Paula van Dyk sal die kantooradministrasie behartig, terwyl mnr. Samuel Nhleko as maatskaplike hulpwerker sal diens doen.
Volgens me. Melanie de Clerq, maatskaplike werker by die CMR, is daar ‘n behoefte aan mense wat as pleegouers sal instaan sowel as diegene wat bereid sal wees om hulle huise as plekke van veiligheid oop te stel.
Uiteraard word kos- en klereskenkings verwelkom en die publiek kan met me. Van Dyk in verbinding tree by 017 712 7110.
Die organisasie het die publiek aan die jaarlikse Pastoriemark vanaf Dinsdag, 29 November tot Vrydag, 2 Desember op Bethal herinner waar die deure daagliks oop tussen 9vm en 7nm sal wees.
Die vorige drie jaar het die vrouediens van die N.G. Kerk Bethal-Noordgemeente dit aangebied, maar na hul eenwording vanjaar met die N.G. Kerk Bethal-Oosgemeente, het hulle besluit om met die mark voort te gaan omdat dit reeds ’n instelling geword het.
Hulle het besluit om geld wat met die mark gemaak word, aan die CMR Ring van Standerton te skenk.
Besoek die mark by die Hoëveldlaan- en Wichtstraat-kruising.
Vir meer inligting oor die mark of uitstallings, skakel me. Marita Oosthuizen by 082 291 3558) of e-pos na maritao@vodamail.co.za.



