NewsSchools

Hoogies-atlete presteer by Top 20-byeenkoms

Dié atlete van Hoërskool Hoogenhout het tydens die Top 20 Atletiekbyeenkoms op Naboomspruit presteer.

BETHAL – Dié atlete van Hoërskool Hoogenhout het tydens die Top 20 Atletiekbyeenkoms op Naboomspruit presteer. Altesaam 44 skole landwyd het deelgeneem. Inge van der Merwe het 1 061 punte in die 100m-hekkies verower en die rekord verbeter. Sy het ook die rekord in die 100m verbeter en 947 punte behaal. Damian Losper het 1 034 punte in die 100m gekry en Franci Louwrens 880 punte in die 100m-hekkies. Duimpie Krause het 859 punte in die 100m en 853 punte in die 200m behaal. Chanté Koen het 833 punte in die 100m gekry, Hendrik Susan 842 punte in die 100m en 833 punte in die 200m en Jaco Roelofse 819 punte in die 400m-hekkies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button