Local newsNews

SAVF vrouewerkgroep vier Wêreld Vigsdag

Dit was ’n gewyde oomblik wat vir almal teenwoordig spesiaal was.

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het op 1 Desember Wêreld Vigsdag met ’n spogfunksie gevier.

Een van die gassprekers, ds. Martin Jordaan, het die belanrikheid van die evangelie vir die vrouewerkgroep toegelig in die stryd teen maatskaplike euwels.

Me. Arista van der Merwe, voorsitter van die SAVF se maatskaplike kantoor, het die kersseremonie waargeneem.

Me. Kathy Allie, me. Wini Ross (maatskaplike werker: SAVF), me. Florence Malinga en me. Hanlie Brits (maatskaplike werker: SAVF) op 1 Desember.
Me. Kathy Allie, me. Wini Ross (maatskaplike werker: SAVF), me. Florence Malinga en me. Hanlie Brits (maatskaplike werker: SAVF) op 1 Desember.

Die vroue is die geleentheid gebied om die naam van ’n geliefde wat besmet of geraak is deur die MIV/Vigs-virus op papier te skryf en dit by die brandende kerse neer te lê as ’n simbool dat die persoon aan God se Lig opgedra word.

Dit was ’n gewyde oomblik wat vir almal teenwoordig spesiaal was.

Die geleentheid was ook die groep se afsluiting en hulle is met klein geskenkies en ’n ete bederf.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button