SECUNDA – Me. Estelle Fölscher groet Laerskool Secunda na 29 jaar.
Sy het vir sewe jaar by Laerskool Goedehoop skoolgegee voordat sy in 1988 by Laerskool Secunda aangesluit het.
Mnr. M.C. Rall was toe die hoof.
Me. Fölscher het gesê: “Aan die begin was dit ’n groot skool met ’n duisend leerders van gr. 1 tot gr. 7.”
Sy was by die trompoppies betrokke wat jaarliks presteer het, sowel as by die netbal, hokkie en atletiek.
“’n Hoogtepunt was toe ons met die trompoppies afgevlieg het Kaap toe om na die SA’s toe te gaan.
“My netbalspan het ook aan die Noordvaalkampioenskap deelgeneem.”
Me. Fölscher tree af om die land te toer en tyd saam met haar kinders te bestee.



