NewsSchools

Hoërskool Ermelo vereer by distriks-prysuitdeling

Hoërskool Ermelo: Beste skool in Msukaligwa 2016

Hoërskool Ermelo is  gister by die Gert Sibande prysuitdeling na aanleiding van die 2016 matriekuitslae  as die beste skool in Msukaligwa aangewys.

Die EHS het ook ’n prys ontvang vir die derde jaar bo 90% slaagsyfer en is ook vereer vir 2016 se 100% slaagsyfer.

Leerders wat pryse ontvang het is : TJ Hill – Algeheel die tweede beste leerder in distrik en beste leerder rekeningkunde.

Jonathan Fourie is aangewys as beste Landbouwetenskap leerder en Jana Grey beklee die vierde plek in die distrik top 10.

Mnr. Faans van der Merwe is ook tydens die geleentheid aangewys as die beste Landbouwetenskap onderwyser.

Baie geluk aan die Erries met hul uitsonderlike prestasies.

Lees volledige berig en uitslae in volgende week se uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button