HOëVELD – Bykans 800 000 matrieks het die 2016 jaareindeksamens aangedurf en die nasionale slaagsyfer was 72.5 persent.
In die Hoeveldrif-wes kring wat Secunda, Evander, eMbalenhle en Kinross insluit, het leerders van 14 skole matriek geskryf.
Net Highveld Muslim School het ’n 100 persent slaagsyfer ingepalm met al vyf hul kandidate wat deurgekom het.
Tweede was Hoërskool Secunda wat ’n 99.39 persent slaagsyfer gehad het, met net een van hul 164 kandidate wat geslaag het nie.
Dié skool is ook aangewys as een van die top presterende skole in Mpumalanga en hulle is deel van die Wiskunde Klub 50 Elite-groep.
Melandè Stadler is aangewys as top leerder in Mpumalanga in Engels uit meer as 41 000 leerders.
Carmen Neethling, Heloïze Hattingh, Christiaan Liebenberg, Melandè Stadler en Alexandra Wuzyk is onder die top 10 leerders in Mpumalanga.
Heloïze Hattingh, Christiaan Liebenberg, Carmen Neethling, Franli van Tiddens en Franco van Tonder het uitgeblink met agt onderskeidings elk.
Melandè Stadler, Alexandra Wuzyk en Asheel Bhudaram het elk sewe onderskeidings verwerf.
Enèz Nobrega het ses onderskeidings ingepalm en Christoffel Gouws, Marnique Hugo, Brittney Jones, Carla Mathee elkeen vyf.
Heinrich Louwrens, Muhammed Rasool en Benno Spangenberg het vier onderskeidings elk verwerf.
Van die 91 kandidate wat ingeskryf het, het 88 van Highveld Park High School geslaag en dié skool het ’n slaagsyfer van 96.70 persent.
Lungelo Khuzwayo het vier onderskeidings verwerf.
Hoërskool Oosterland was vierde in die groep met 110 kandidate wat ingeskryf het en 99 wat geslaag het om vir hulle ’n slaagsyfer van 90 persent te gee.
Sumari Taljaard het ses onderskeidings in Engels, wiskunde, lewensoriëntering, siviele tegnologie, ingenieursgrafika en fisiese wetenskap en gaan farmasie aan die Universiteit van Potchefstoom studeer.
Jacolene Jonker, hoofdogter: 2015/16, het vier onderskeidings in Engels, lewensoriëntering, toerisme en ontwerp verwerf en gaan by Vega BA Strategic Brand Communication studeer.
Marelize Kruger het vier onderskeidings in Engels, lewensoriëntering, RTT en verbruikerstudies.
Dihan Ferreira, onderhoofseun 2015/16, het drie onderskeidings in Engels, lewensoriëntering en elektriese tegnologie.
Lifalethu Secondary School het ’n 87.85 persent slaagsyfer gehad.
Hoërskool Evander se slaagsyfer was 86.90 persent en Bronwyn Geel het vier onderskeidings gekry, terwyl Simone Ulbricht drie onderskeidings verwerf het.
Thistle Grove Combined School se slaagsyfer, met 64 uit die 76 kandidate wat deurgekom het, was 84.21 persent.
Ki Twala Secondary School se slaagsyfer was 82.53 persent, Sizwakele Secondary School se slaagsyfer was 82.06 persent en Vukuqhakaze Secondary School staan op 77.98 persent.
Thomas Nhlabathi Secondary School en Chief Ampie Mayisa Secondary School het ook goed gevaar met slaagsyfers van 74.68 persent en 73.82 persent onderskeidelik.
Osisweni Secondary School en Kiriyatswane Secondary School het slegter gevaar met minder as ’n 50 persent slaagsyfer elk.
Osizweni se slaagsyfer was 49.36 persent en Kiriyatswane s’n 41.69 persent.
Hoërskool Hoogenhout op Bethal, wat nie in dié kring val nie, se slaagsyfer was 97.8 persent
Altesaam 138 kandidate het elk sewe vakke geskryf wat beteken dat daar 966 vraestelle geskryf is en net 10 van daardie vraestelle is gedruip.
Tien vakke se gemiddeld is bo 60 persent, wiskunde se gemiddeld is 61persent en slegs een kandidaat druip wiskunde en vyf verwerf ’n A vir wiskunde.
Wetenskap sorg vir drie A’s en kuns en Engels eerstetaal het die hoogste gemiddeld met 13 onderskeidings vir Engels eerstetaal.
Onder die uitblinkers was daar Bhavik Bhaga wat met die hoogste prestasie van sewe onderskeidings spog en kort op sy hakke volg Albertus Richter met ses onderskeidings.
Marteli Norden is die enigste leerlder met vyf onderskeidings.
Anzelle Ehlers, Marilet Grobler, Izanhri Möller, Charné Potgieter, Madeleine Stemmet, Hendrik Susan en Marie van der Vyver het elke vier onderskeidings ingepalm.
Hoogies se matrieks van 2016 sorg altesaam vir 52 onderskeidings.



