Inlas:
‘n Erg onstelde me. Carla Nienaber is baie ongelukkig oor die vrylike gebruik van klappers op die dorp nadat haar sewejaar-oue Shar-Pei-teef, Zoey, op 3 Januarie haar weg deur die palisades by hulle huis in Stefinastraat oopforseer en weggehardloop het.
Volgens haar was die hond gespanne van die vuurwerke en moes weer geskrik het toe mense na Nuwejaar steeds klappers geskiet het.
“Ek sal bly wees as die skiet van klappers heeltemal verban word.
“Die mense het tot 5vm Nuwejaarsoggend nog steeds aangehou.
“Die strate rondom ons was vol klapperpapiertjies en hulle gaan beslis nie kom skoonmaak nie.”
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.





