NewsSchools

Erries begin atletiekseisoen

Die beste senior atlete op die dag was Tanisha Gibson (Victrix Ludorum) en Walter Visser (Victor Ludorum).

Die Erries het verlede Dinsdag hul jaarlikse interhuisatletiekbyeenkoms gehou.

Die beste senior atlete op die dag was Tanisha Gibson (Victrix Ludorum) en Walter Visser (Victor Ludorum).

Lana Herholdt en Hardus Rothmann is onder die junior atlete onderskeidelik as die Victrix-en Victor Ludorum aangewys.

Lana is ook aangewys as beste baanatleet van die dag en beste gr. 8-dogtersatleet.

Dillon Pearce het weggestap met die trofee vir die beste gr. 8-seunsatleet.

Amy Greyling se puik prestasie in gewigstoot het aan haar die titel as beste veldatleet van die dag besorg.

Die wit span het as wenners uit die stryd getree.

Die atlete het hul goed van hul taak gekwyt en sien uit na die seisoen wat voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button