Local newsNews

Maak maar self plan met leë erf

Die erf word deur onbedagsame mense as 'n stortingsterrein gebruik en inwoners word geteister deur 'n rotteplaag.

Inwoners in Gelderlandweg is raadop met die toestand van ‘n leë erf wat volgens hulle al jare onbeset is.

Die erf word deur onbedagsame mense as ‘n stortingsterrein gebruik en inwoners word geteister deur ‘n rotteplaag.

Boonop word die erf glo snags ‘n slaapplek vir haweloses.

‘n Ontstelde inwoner wat verkies om anoniem te bly, vertel dat hulle die munisipaliteit genader het om aandag aan die saak te gee, maar hulle is ingelig dat die munisipaliteit nie verantwoordelik is om erwe skoon te hou nie.

Dié verantwoordelikheid rus op die eienaar.

Die munisipaliteit het wel vir die klaers die adres van die eienaar, wat glo in die Kaap woon, gegee en gesê hulle moet die saak met hom uitklaar.

Hulle het tevergeefs probeer om die eienaar op te spoor.

Die inwoner vertel dat hulle nie veilig voel met die vreemde mense wat skuiling in die lang gras soek nie en dat die stank van die rommel soms ondraaglik raak.

Die Hoëvelder het in Julie verlede jaar, nadat die inwoners die koerant ingelig het oor die probleem, ‘n navraag daaroor aan die munisipaliteit gerig, maar tot nou geen antwoord ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button