Die Erries is beloon vir al hul harde werk en puik prestasies.
Baie geluk aan elke Errie wat deel was van die Akademiese Lourierfunksie.
Hier is ‘n opsomming van leerders wat uitgestaan het in 2016!
In Graad 9 is Yonette Fourie beloon as as besteleerder in Kuns en Kultuur met ‘n gemiddeld van 94%
Lydia Landman, Graad 10 leerling se Wiskunde (77%) en Rekeningkunde (88%) gemiddelde het gesorg dat sy die ABSA wisseltrofee ontvang.
Graad 11 het twee wisseltrofee-wenners opgelewer; Paul Morkel is aangewys as die leerder met die beste prestasie in Landbouwetenskap en ontvang daarvoor die Pfizer wisseltrofee. Jessica van Rensburg, ook ‘n graad 11 leerling, ontavng die IM Bekker wisseltroffee vir haar prestasie as beste leerling in Wiskunde met ‘n gemiddeld van 96%
Daar was ook tweetaligheids-toekennings vir die leerder in elke graad wat die hoogste gemiddeld het vir Afrikaans en Engels.
Pas-Prokureursprys vir Graad 8 gaan na Zara Buchling met ‘n gemiddeld van 93.4%. Leané von Wielligh kry die Wikus Cloete-prys vir haar gemiddeld van 89.8% in graad 9. Die gemiddeld van Berné de Kock, wat 89% is, sorg datsy die NWU Ingenieurs-prys vir Graad 10 kry. Miri Conradie, graad 11, gemiddeld 87.8%, verower die Highveld Office Supplies-prys.
Dan is daarook die Karischa Jordan-boekprys vir beste sport en akademie wat aan Lydia Landman in Graad 10 oorhandig is.
Baie geluk aan elke Errie!
(soos ontvang van skool)




