NewsSchools

Goedehoop-akademie hou Secunda se naam hoog

Conquesta Olimpiade wys skool aan as ’n top akademiese laerskool.

SECUNDA – Laerskool Goedehoop is deur die Conquesta Olimpiade as ’n top akademiese laerskool aangewys.

Nie net staan dié skool eerste in Mpumalanga nie, maar het ook ’n nasionale eerste plek in Afrikaans gr. 3 behaal.

Hulle het in Afrikaans gr. 5 tweede geëindig en in Afrikaans gr. 6 derde.

Goedehoop is derde nasionaal in Wiskunde gr. 5.

Conquesta is ’n nasionale instansie wat deur objektiewe, eksterne eksamens die akademiese standaarde van gr. 1 tot gr. 7 in sekere vakke bepaal.

Daar is tans meer as ’n duisend deelnemende laerskole in Suid-Afrika, privaat en ou Model C-skole, wat hul akademiese standaarde teenoor ander skole meet.

Conquesta word onderskryf deur die Science Technology Engineering Mathematics Innovation wat deur die South African Agency for Science and Technology Advancement gestig is.

Conquesta Olimpiade is vir akademie wat Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir sport is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button