Die Landtie-atlete het goed presteer tydens Morgenzon Landbou Akademie (MLA) se interhuisatletiekbyeenkoms verlede Woensdag.
In die junior primêre afdeling (7 tot 9 jaar) is CR van Dijk as Victor Ludorum en Iné Nel as beste baanatleet en Victrix Ludorum aangewys.
Die toppresteerders in die senior primêre groep (10 tot 13 jaar) is Elizmari Greyling wat as Victrix Ludorum en beste baanatleet aangewys is, Anton Meyer as Victor Ludorum en Liza Janse van Vuuren as beste veldatleet.
Michael Spies was die beste baanatleet en Victor Ludorum en Kiara Mostert beste veldatleet en Victrix Ludorum in die senior sekondêre groep.
In die senior sekondêre groep het Chanté Jordaan weggestap as die beste veldatleet en Lindi Prinsloo is aangewys as Victrix Ludorum.
Ruan Nortje is as beste baanatleet vereer en ook as Victor Ludorum aangewys.





