’n Atleet wat menigmaal te vinnig uit die wegspringblokke was, laat ook nie op hom wag met sy studies op Stellenbosch nie.
Dié kranige atleet en sportliefhebber draf sy studies in ’n japtrap kaf.
Mnr. Henry Janse van Rensburg (25) is vanaf geboorte deel van die Standerton gemeenskap.
Die besluit om aan Stellenbosch Universiteit te gaan studeer het maklik gekom nadat sy ouboet daar afstudeer het.
Hy het in 2013 sy B.Sc-graad in molekulêre biologie verwerf.
Sy leergeesdrif was in 2014 nog lank nie geblus nie en hy het ’n honneurs in plantbiotegnologie suksesvol behaal.
Mnr. Van Rensburg het verlede jaar sy M.Sc in plantgenetika bemeester.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.



