
Hoërskool Ermelo het verlede Vrydag aan die Secunda Prestige Atletiekbyeenkoms in die Secunda-stadion deelgeneem.
Hoërskole Secunda, Ermelo, Standerton, Gen. Hertzog en die Hoër Tegniese Skool Witbank het kragte gemeet.
Baie van die atlete het tydens die byeenkoms hul persoonlike beste verbeter, maar hulle besef ook dat daar nog harde werk voorlê met die interhoër wat eersdaags plaasvind.
Die Erries se junior atlete het besonder gevaar met Lana Herholdt en Hardus Rothmann wat onderskeidelik as junior Victrix en Victor Ludorum aangewys is.
Hardus het ook die trofee vir beste naellope en worpe junior seun ontvang en Lana is aangewys as beste junior dogteratleet in naellope en hekkies.
Die EHS is trots op al die atlete en wens hul sterkte toe met hul interhoër-voorbereiding.




