NewsSchools

Groentjies nou ware Liggies

Elke gr. 8 se “liggie” is deur ’n VLR-lid aangesteek as simbool dat hulle nou deel van die Liggie-gemeenskap is.

Dit was ’n opwindende aand vir die gr. 8-leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie toe hulle verlede Donderdag amptelik gedurende die kersaansteekseremonie as ware Liggies in die skool verwelkom is.

Elke gr. 8 se “liggie” is deur ’n VLR-lid aangesteek as simbool dat hulle nou deel van die Liggie-gemeenskap is.

Aan die einde van hul gr. 12-jaar word hulle “liggies” weer gedoof wanneer hulle met die lig van die lewe die grootmenswêreld ingestuur word.

Dit is ’n besonderse geleentheid vir die gr. 8’s sowel as hulle ouers. Ligbron is trots op elke gr. 8 wat vanjaar by die skool aangesluit het en vertrou dat hulle Ligbron se naam deurentyd hoog sal hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button