NewsSchools

EHS-matrieks van 1957 hou reünie

Die groep was bevooreg om hul hoofseun, Louis de Clercq, en hoofdogter Ina Cilliers (de Villiers) by hulle te kon hê, asook 'n onderwyser, mnr. Gerhard du Toit.

Die 1957-matriekklas van Hoërskool Ermelo het die afgelope naweek hul 60-jaar reünie by die skool gehou.

Dit was ‘n dag gevul met nostalgie, herrinneringe en baie staaltjies uit die verlede toe die groep van 45 oudleerlinge en hul gades in die Errie Supreme Restaurant bymekaargekom en later deur die skool se gange gewandel het.

Van die oorspronklike groep van 105 is sover daar vasgestel kon word, reeds 23 klasmaats oorlede.

Die groep was bevooreg om hul hoofseun, Louis de Clercq, en hoofdogter Ina Cilliers (de Villiers) by hulle te kon hê, asook ‘n onderwyser, mnr. Gerhard du Toit.

Spesiale aandenkings is aan oudleerling gegee wat kon spog met die meeste kleinkinders en agterkleinkinders asook dié wat die verste en ook die naaste gereis het om aan die verrigtinge deel te neem.

Susan Pienaar het al die pad van Australië af gereis en Dirk Pieterse wat in die Nooitgedacht Estates neffens die skool woon, het skaars ‘n kilometer ver “gereis.”

Ná ‘n heerlike middagete wat deur leerders van die Errie-hotelskool bedien is, het van die oudleerlinge verder die aand by ‘n eetplek in die dorp gekuier.

Die naweek is afgesluit met ‘n ontbyt waarna die groepie huiswaarts gekeer het.

Daar word beplan om oor vyf jaar weer ‘n reünie te hou.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button