Die Errie-skuts het die seisoen op ‘n hoë noot begin met die eerste prysskietkompetisie wat die afgelope naweek plaasgevind het.
Al die skuts het goeie tellings geskiet, heelwat nuwe skuts het deelgeneem en die senuwees het maar geknaag.
Die geweerskuts het almal in die sporterklas deelgeneem en daar was ook skuts wat met lugpistole geskiet het.
In die geweerskuts-afdeling het Rudie Breytenbach 1364, Paul Morkel 1303, Marko Roets 1277,
Pieter de Beer 1044 (persoonlike beste) en John-Henri van Zyl 1016 (persoonlike beste) punte geskiet.
As pistoolskut het Riko Jordan 476 punte aangeteken.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



