Local newsNews

William herstel na hy deur swerm bye aangeval is

In gevalle van allergieë of veelvuldige bysteke kan bloeddruk en hartklop val wat lewensgevaarlik kan wees.

’n Swerm bye het op 27 Februarie vier mans in Robertstraat, Meyerville getakel.

Mnr. William Mpiti het in ’n tuin in Robertstraat gewerk toe die bye hom aangeval het.

Hy het gesê iemand het hom te hulp gesnel en die bye wat op sy lyf was met Doom probeer spuit.

Daarna het hulle ’n kombers oor hom gegooi wat hulle aanhoudend met water natgegooi het om van die bye te probeer ontslae raak.

Die polisie het Jeria Ambulansdienste ontbied.

Mnr. Cecil Joubert, paramedikus by Jeria, het gesê hulle het mnr. Mpiti en die drie ander mans, wat ook deur die bye gesteek is, na Standerton Hospitaal geneem.

Volgens hom is die drie dadelik na behandeling ontslaan omdat hulle nie so baie bysteke gehad het nie.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button