Local newsLocal sport

Secunda-atlete neem aan SAs deel

Speedsters Atletiekgroep bring vier medaljes huis toe.

Atlete van die Speedsters Atletiekgroep het aan twee Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkomste deelgeneem en beïndruk met hul vertonings.

Die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskap het vanaf 30 April tot 2 Mei in Germiston plaasgevind.

José van Rooi het eerste in die 100 m-hekkies geëindig, terwyl Siyanda Mhlana tweede in verspring behaal het en Siyabonga Simelane derde in driesprong.

Die ander atlete wat aan dié kampioenskap deelgeneem het, is Amoré Roets, Bakang Kotsokoane, Jani Nel, Benisse Nthangeni en Danicke Hartzer.

Simelane het ook vroeër, vanaf 26 tot 28 Maart, aan die Suid-Afrikaanse Atletiek Klubkampioenskap deelgeneem en ’n silwer medalje in die driesprong ingepalm.

Van Rooi, Mhlana en Nthangeni het ook vir dié kampioenskap gekwalifiseer.

Die ander atlete wat aan dié byeenkoms deelgeneem het, is Melé Joubert, Jani Nel, Mioné Joubert, Marijanke Potgieter, Hazel-Mari Bellingan, Chenél Badenhorst en Minay Campher.


LEES OOK: Standerton youth inspired by theatre experience

LEES OOK: Groep van Secunda samel nou nagklere in vir kinders

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button