NewsSchools

Kalie-atlete gekies vir Gert Sibande-streekspan

Die Mpumalanga-span word 4 Maart op Secunda gekies.

Laerskool Kalie de Haas-atlete het puik prestasies op Bethal behaal.

Atlete het op 25 Februarie aan uitdunne meegeding en agt deelnemers is in die Gert Sibande-streekspan opgeneem.

Elishama Mtshali het in die 70m-hekkies stof in die oë geskop in die S0/10 en eerste plek verower.

Danell van Wyk het haarself in die D0/12-hoogspring met die meeste veerkrag bewys en die eerste plek losgespring.

Mariska van der Mescht het met tegniek die D0/13-werpskyf gewen.

MC Roux het in die S0/13-spiesgooi vir homself ’n derde plek gepen.

Sumé Strydom het in die D0/12-spiesgooi ’n derde plek verseker.

Marli Wolmarans het in die D0/12-werpskyf haar staal gewys en met die vierde plek weggestap.

Elené Botha het die sand in die verspringput laat spat deur in die D0/11 vierde te eindig.

Zinhle Mabena se stamina in die 200m-D0/13 het haar vierde oor die wenstreep laat trap.

Die Mpumalanga-span word op 4 Maart op Secunda gekies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button