NewsSchools

Ligbron begin Superreeks goed

In die hoofwedsryd het die Ligbron Calstar Group eerste rugbyspan goeie rekenskap van hulself gegee en die Volkies met 60-15 geklop

Die wintersportspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag in die eerste wedstryde van vanjaar se Superreeks teen Hoër Volkskool Heidelberg op Heidelberg te staan gekom.

In die hoofwedsryd het die Ligbron Calstar Group eerste rugbyspan goeie rekenskap van hulself gegee en die Volkies met 60-15 geklop. Die tweede span het met 48-0 en die 0/16A’s met 36-7 gewen, die 0/15A’s het 0-30 verloor, die 0/15B’s het gelykop gespeel met 12-12, en die 0/14A’s het 35-10 en die 0/14B’s met 24-12 gewen.

Die 0/16B-, 0/16C- asook die derde en vierde rugbyspanne se wedstryde het op Morgenzon plaasgevind. Die 0/16’s het Hoërskool Hendrina met 34-21 geklop en ‘n gekombineerde derde en vierde
span het met 5-54 teen Morgenzon se eerste span verloor.

Dit was vir Ligbron se hokkiespanne ‘n uitstekende dag met slegs die 0/16-seunspan wat hulle wedstryd met
2-5 verloor het.

Die eerste seunspan het 5-1 gewen, die eerste dogterspan was met 4-0 baas, die tweede span wen 3-1, 0/16’s wen 7-0, 0/15’s wen 3-1 en die 0/14’s wen 1-0.

Die eerste netbalspan klop die Volkies 26-11, tweede span verloor 5-29, 0/16A’s verloor 7-13, 0/16B’s verloor 6-10, 0/15A’s verloor 13-15, 0/15B’s wen 10-8, 0/15C’s verloor 5-19, 0/14A’s verloor 2-27, 0/14B’s verloor 5-16, en die 0/14C’s verloor 11-15.

Ligbron speel môre (Saterdag) in wegwedstryde in die Superreeks teen Hoërskool Wagpos op Brits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button